Hou besigwees jou weg van God?
- Vra ’n mentor
- Benescke Janse Van Rensburg
“Ons mis partykeer die Heilige Gees se stem. God wil ons lei, maar ons is te besig,” sê die radio-omroeper BENESCKE JANSE VAN RENSBURG.
Ons weet nooit wanneer daar ’n situasie geskep word waar jy staan en jy moet vir God verteenwoordig nie. Jy word amper soos ’n ambassadeur.
Jy is dalk die enigste een in jou hele werkplek wat glo in God en daar kom ’n argument teen jou. Jy weet nooit wanneer daardie dag kom nie, want dit is soos ’n storm wat kom.
Jy is die boom. Hoe diep is jou wortel? Gaan jy kan sterk staan?
Is daar iets waaraan die Heilige Gees jou kan kom herinner?
My ma sê altyd ons almal is soos koppies. Wanneer jy tyd saam met God spandeer, is dit amper soos wanneer jy vloeistof binne-in sit. Wanneer jy geskud word, is wat uitkom, wat binne is.
Waaraan gaan die Heilige Gees jou kom herinner? Hoe gaan jy kan sterk staan? Ons het nodig om tyd saam met God te spandeer. En ons het dissipline nodig.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Geld maak geld. Baie min mense verstaan dit totdat hulle dit in die praktyk sien gebeur,” sê sakeman en finansiële kenner WOUTER SNYMAN. Skep welvaart ...
“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...