As ouers verskil oor dissipline

As ouers verskil oor dissipline

Mense se siening oor ouerskap verskil baie, maar wanneer ’n egpaar verskillend oor dissipline dink, hoef dit nie noodwendig ’n probleem te wees nie.

Wanneer julle nie saamstem oor badtyd nie, is dit nie die einde van die wêreld nie, maar as julle style totaal en al verskil, kan dit ’n probleem raak.

As jy byvoorbeeld inskiklik en koesterend teenoor die kinders is terwyl jou man baie streng is, kan ’n situasie van “good cop, bad cop” ontstaan.

Kinders kom hierdie verskille agter en gebruik dit tot hulle voordeel. Ouers word teen mekaar afgespeel (“Maar Mamma het gesê…”) en wrokke ontstaan baie gou. Niemand wil tog die aaklige ouer wees nie.

Hierdie situasie klink miskien voordelig vir jou kind, maar eintlik skep die gemengde boodskappe verwarring. Dis vir geen kind lekker om te sien hoe sy ouers baklei nie, en wanneer dit oor ouerskap gaan, kan die kind baie gou dink dit is sy skuld. Uiteindelik kan dit selfs tot depressie by jou kind lei.

Kommunikeer oor hoe julle jul kinders gaan dissiplineer

Kommunikasie die oplossing vir hierdie ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!