#5MinuteMetGod Liesel Krause-Wiid

’n Lewe ná jou hartseer

Daar is altyd genesing vir gebroke harte, want ons dien ’n Vader wat dit wat stukkend is, heel en nuut kan maak.

Pyn help om ons geloof in te oefen

Die mooiste ding op aarde is om op te staan as jy geval het. Selfs al bly dinge om jou donker, lê die skoonheid daarin om jou pyn en hartseer te oorwin. Die enigste manier om gesond te word is om deur jou seer te werk. Ervaar dit ten volle, ongeag hoe pynlik dit is.

Dalk sit jy vandag in ’n hopelose situasie. Gaan dan op jou knieë en vra vir uitkoms. Daar waar jy nie kan loop nie, daar sal Hy jou dra.

Niemand spring seerkry vry nie. Almal van ons sal op een of ander stadium deur ’n hartseer tydperk moet werk. Paulus sê dat hy enigiets kan oorkóm, want hy hoef dit nie uit sy eie krag te doen nie.

Wanneer jy jou seer aan die groot Geneesheer oorgee, kan Hy daarmee werk, maar as dit vertroetel word, word dit ’n groot las wat jou later heeltemal kan ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...

Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...

Scroll to Top