Geroosterde portobellosampioene met biltong
5 min. + gaarmaak 20 min.
4 mense
4 ekstra groot portobellosampioene
20 ml olyfolie
2 g droë pietersielie
150 g ekstra maer biltong
120 g songedroogde tamaties, verkieslik in olyfolie ingelê, gedreineer
2 g growwe swartpeper
1 klein rooi-ui, fyngekap
Vir die krummels
1 e amandelmeel, opgehoop
½ t vars knoffel
1 t sesamsaad, opgehoop
knippie woestynsout of pienk sout
Vir die sous
1 eetlepel rou heuning
1 eetlepel sojasous
varsgekapte pietersielie vir garnering
- Stel die oond op 200 °C.
- Berei bakplaat voor met kleefsproei.
- Plaas sampioene op die bakplaat, besprinkel met omtrent 1 teelepel olyfolie elk en plaas die biltong en songedroogde tamatie bo-op.
- Meng die krummels en strooi bo-oor elke sampioen.
- Garneer met rooi-ui, pietersielie en swartpeper.
- Bak vir 15 minute.
- Meng intussen die sous.
- Haal uit die oond uit, en gooi die sous bo-oor elke sampioen.
- Plaas terug in die oond en bak vir nog 5 minute.
- Garneer met pietersielie.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
10 min. + gaarmaak 15 min.4 mense filetmedaljons of braaivleis van jou keuse 1 t olyfolie 1 rooi slaai-ui, opgekap 3 e rou heuning 150 ...
10 min. 4-6 mense 2 blikkies keker-ertjies, gedreineer en afgespoel 2 e olyfolie 1 t sout 2 e karamelgeursel 2 e kakao, opgehoop 5 e ...