[OUDIO] Maak ‘n kopskuif – doen wat vreugde gee

’n Leeftyd van dinge teen jou sin doen, kan ’n ongelukkige, onvervulde, vervelige lewe tot gevolg hê. Maak ’n kopskuif en kies vryheid en vreugde.

Doen dinge anders, of doen ander dinge. Ervaring kan wysheid bring, mits ons dit gebruik. Foute is uitstekende leermeesters as jy daaruit leer. As ons nie aksie neem en daadwerklik dinge anders doen om nuwe deure oop te sluit wat ons wíl oopsluit nie, trap ons in ’n slaggat.

Handhaaf jou waardigheid. Jy is niemand se vloerlap nie. Soms is dit nodig om op te staan vir jouself. Om nee te sê en weg te stap van ’n persoon of omstandighede. Neem verantwoordelikheid vir wat jy wil manifesteer en vir jou welstand.

Sommige dinge moet ons maar net doen omdat dit belangrik is vir ons welstand. Hou op om vir jouself te sê jy “moet” dit doen. Doen dit omdat dit belangrik is. Soos gesond eet, om jou finansies goed te bestuur, en huis skoon te maak.

Selfrespek en innerlike welstand is om genoeg dissipline aan die dag te lê. Om konsekwent en verantwoordelik te wees in álle sfere van jou ...

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Cathy de Lange, motiveringspreker en besigheidsvrou

Glo jy te veel skermtyd gaan jou kinders se oë vierkantig maak? Daar is ’n tyd en plek vir alles, omhels skermtyd wanneer dit nodig ...

As jy daaroor droom om jou kinders verder te laat studeer, beteken dit jy moet vandag al begin spaar, anders gaan jou drome dalk nooit ...

Benice Borman, sangeres en motiveringspreker

Ontdek hoe om te midde van vrae en onsekerheid van God se hemelse teenwoordigheid bewus te wees. Ek kan my nie my lewe indink sonder ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!