[OUDIO] Kan ’n goeie selfbeeld jou ’n beter ma maak?
- Self
- Zuleka Smit
Luister na onderwyser en skrywer ZULÉKA SMIT se raad oor hoe ‘n goeie selfbeeld jou kan help om ‘n beter ma te wees.
Om ‘n gesonde balans te vind tussen ‘n suksesvolle loopbaan, ‘n gelukkige gesin en jou eie behoeftes is uitdagend. Dit is egter belangrik om nie jouself af te skeep en te verloor nie.
Selfbeeld is 'n kragtige en belangrike konsep wat die kern vorm van ons persoonlikheid en gedrag. Maar het jy al ooit gewonder hoe 'n gesonde selfbeeld nie net jou eie lewe beïnvloed nie, maar ook daardie van jou kinders?
Jou selfbeeld het ‘n direkte invloed op die manier waarop jy as ma funksioneer en kommunikeer met jou kinders.
'n Sterk selfbeeld onder moeders skep ‘n omgewing waarin jou kinders die geleentheid kry om te leer deur jou voorbeeld. Jou kinders kan dieselfde positiewe denkwyses dan in hul eie lewens toepas. Dit speel ‘n kritiese rol in die emosionele groei van ’n kind.
'n Positiewe selfbeeld kan jou 'n beter ma maak, en dit kan lei tot ‘n gesonder, gelukkiger huishouding.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Danelle Dreyer, eienaar van ’n gesondheidskliniek en finalis van die realiteitsreeks Ster-Status
Eet meer gereeld om gewig te verloor. As jy dit daaglikse deurvoer, is dit moontlik om gewig te verloor. En belangriker, ’n goeie gewig in ...
Charne Pretorius, persoonlike afrigter en pilates-instrukteur
Ons is almal soekend na die geheim vir gewigsverlies. Voor jy jou eetgewoontes kan verander, moet jy eers jou gedagtes oor jouself verander. Wanneer jy ...
Elize Smit, taal- en kommunikasiespesialis
Ly jy soms aan slapeloosheid? Dit is die ideale geleentheid om tyd naby aan jou Skepper te spandeer. Sonder enige geraas of afleidings. Net jy ...