Die Here het self hierdie beroep vir my gekies

Die Here het self hierdie beroep vir my gekies

JUANITA DE VILLIERS moet elke dag hard werk, maar met God se genade is sy dankbaar vir die kans om ’n werk te doen waarvoor sy baie lief geraak het.

Die soektog na jou roeping in die lewe

Jare lank het ek soos Moses van die Bybel gevoel … en soms voel ek steeds só. Moses moes Farao gaan oortuig dat hy die Israeliete moes laat trek, maar hy het nie opgewasse vir die taak gevoel nie. Sy spraakgebrek het hom gepootjie, en toe smeek hy die Here om eerder iemand anders in sy plek te gebruik.

Dié stuk in die Bybel het ek opnuut in my universiteitsjare raakgelees en besef: Maar dis ék daai.

Dis hoe ek al jare lank voel! Al het ek nie ’n fisiese gebrek soos Moses wat gehakkel het nie, sukkel ek ook soms om te praat – veral as ek in ’n stresvolle situasie is. Dan sê ek my sinne verkeerd of ruil my woorde om.

Dit kom van kleins af. Al is dit nooit formeel by my gediagnoseer nie, is ek effens disleksies.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!