Verfyn jou voorkoms met kontoergrimering
- Mooi
- Jolanda Bedeker en Joeann de Wet, JB Makeup
Kontoere verwys na die skaduwees wat geskep word om gelaatstrekke beter te laat lyk – soos om jou gesig maerder te laat vertoon of ’n dubbelken te versteek.
Donker kleure verskans en ligte kleure verlig. Jy kan dus met dié kulkunsies ’n skerp gevormde kakebeenlyn en glimmende slape skep of van bolwange ontslae raak.
Plaas jou vinger op jou wangbeen, en beweeg dit af na die sagte gedeelte van jou gesig tussen die wang- en kakebeen.
Dit is waar jou kontoerkleur aangewend moet word. Skakeer dit in in die rigting van jou mond na jou oor – nie verder as die wydte van jou wenkbrou nie. Dit sal jou gesig effens slanker laat vertoon.
Wend nou die beklemtoner direk onder jou oë aan. Ook teen jou wenkbrou na bo om die oog te beklemtoon. Bring blosser tussen die twee kleure aan om by die stemming te pas – donker vir die aand en ligter of koraalkleur vir die dag.
Vermeng die kleure tussen lig en donker met die blosser wat aan die voorkant van die gesig sigbaar is. Donker onder die wangbeen en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...
Die regte lipkleur kan jou voorkoms sommer onmiddellik opkikker. Maar hoe kies ’n mens uit die reënboog-warboel van opsies? Daar is ’n ongelooflike verskeidenheid grimeerprodukte ...