Grimeerkunsies vir ’n vars, natuurlike voorkoms

Grimeerkunsies vir ’n vars, natuurlike voorkoms

Begin met ’n voorbereidingslagie (primer) om jou vel egalig te laat vertoon en groot porieë te verbloem.

Vir ’n natuurlike glans kan jy ’n onderlaag met ’n waterbasis en effense tint aanwend.

Nie almal hou daarvan om poeier te gebruik nie, maar ’n kleurlose, saamgeperste poeier met ’n fyn pigment kan onderlaag afrond en van oortollige olierigheid ontslae raak.

Vul jou wenkbroue met ’n oogpotlood of plat kwassie in.

Hierna kan jy ’n ligpienk of appelkooskleurige roomblosser op die ronding van jou wange aantik. Gebruik sommer jou vinger om dit te klad.

Kies ’n natuurlike oogskadu wat jy met ’n kwas of jou vinger oor jou ooglid aanwend. Wend een skakering donkerder oogskadu in die vou van die boonste ooglid aan. Gebruik dieselfde donkerder kleur oogskadu as ’n oogomlyner deur dit met ’n dun kwassie binne die haarlyn van die oog aan te wend.

Rond af met maskara wat die wimpers nie laat saamkoek nie.

Wend lipstiffie laaste aan. Klad dit liggies met deursigtige gesigpoeier bo-oor om dit langer te laat aanbly.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Catrice se nuutste reeks grimering sal verseker dat jy elke dag op jou beste lyk, sonder om te veel ekstra moeite te doen. Dit is ...

Om jou grimeer-beste te lyk beteken nie dat jy onmiddellik elke borsel of kwassie op die mark moet aankoop nie.  Daar is ’n enorme verskeidenheid ...

Scroll to Top