Omskep jou lippe in ’n ombré meesterstuk

 Omskep jou lippe in ’n ombré meesterstuk

Die woord “ombré” is op almal se lippe. Dit beteken “skadu” in Frans en verwys na die geleidelike oorskakeling van een kleurtoon na ’n ander.

Die tweekleurtoonvoorkoms was eers die modeneiging vir hare en naels, maar word nou ook vir lipgrimering gebruik.

Die tegniek begin gewoonlik met ’n donkerder skakering aan die buitekant van die lip, wat dan geleidelik na ’n ligter nuanse aan die binnekant versag.

Dit kan ook gebruik word om dun lippe, met ’n bietjie glans, groter te laat vertoon.

Vir jou eie ombré-skepping benodig jy twee lipstiffies (een in ’n sagter of teenoorgestelde skakering as die ander), ’n omlyner en ’n kwassie.

Omlyn jou mond en vul die hoeke in met ’n donker potlood. Jy kan ’n plat grimeerborsel gebruik om ’n ligte lipstiffie aan die binnelyn aan te wend.

Wend nou die donker lipstiffie bo-oor die donker potlood en in die mondhoeke aan. Om ’n geleidelike kleurversagting te skep, gebruik ’n skoon kwassie en skakeer die donker tint effens na binne.

Wees kreatief, wissel kontrasterende effekte af, meng mat skakerings of glans.

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die grootste geskenk wat ek deur Francois se dood gekry het, is die bevestiging van God se bestaan. Die tekens was duidelik. Bly glo in ...

Voel jy jy kan net nie meer byhou nie, omdat jy te besig is? Ongelukkig? Dit is belangrik dat ons positief moet wees ten spyte ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!