Perfekte ooggrimering vir elke dag
- Mooi
- Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup
Net soos in natuur, verander die kleure van ons uitrustings en grimering om die beste van elke jaargety te maak. Volg die grimeerwenke vir ongelooflike oë.
Kikker enige vaal dag op deur met ’n moderne reënboogpalet te eksperimenteer totdat jy ’n kombinasie kry wat vir jou werk. Daar is geskikte oogskaduvermengings vir elke oogkleur. Speel met variasies vir ’n vars, stralende gelaat.
Om blou oë te beklemtoon: warm bruin met ondertone van oranje. Vir skitterende groen oë: ’n bietjie pers of wynrooi met natuurlike vanielje of goue nuanses. Om bruin oë te komplementeer: neutrale bruine met grys ondertone saam met sagte pienk of pers.
Vir ’n dramatiese effek werk ’n diep pers, gemeng met bronsskakerings of selfs swart, wonderlik vir alle oogkleure.
Gebruik ’n middelgrootte plat grimeerkwas om ’n ligte beige tint oor die hele ooglid aan te wend en ’n fyn kwassie om ’n natuurlike ligbruin onder die wenkbroue in te vul. Bring met ’n ronde borsel ’n glanslose wynrooi, oranjebruin, grysbruin of pers van die binne- na die buitekant van die oog aan, effens bo die vou van die ooglid.
Ligte, ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Wat ook al gebeur, Hy is met my” Op sangeres RIANA NEL se geloofspad was daar al baie op- en afdraandes. Sy stap dit dapper ...
Vir die onbekende is ZOË BROWN nie bang nie. Inteendeel, passie, toewyding en selfdissipline help haar om berge te versit. Vir haar is die lewe ...