Skep self die perfekte katoogvoorkoms

Skep self die perfekte katoogvoorkoms

Die katoog-grimeereffek waarmee bekendes dikwels op hulle spogfoto’s pryk, is makliker om te skep as wat jy mag dink.

Die vorm van jou oë speel nie ’n rol wanneer dit by dié ikoniese mooimaakkunsie kom nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om jou eie treffende katoog-“vlerkies” te skep.

Gebruik ’n omlyner met ’n dun punt. Jy kan ’n skerper buitelyn met ’n vloeibare of jelproduk verkry as met ’n gewone grimeerpotlood.

Kleur en lengte speel beide ’n rol om die voorkoms te verkry wat jy ...

Die katoog-grimeereffek waarmee bekendes dikwels op hulle spogfoto’s pryk, is makliker om te skep as wat jy mag dink.

Die vorm van jou oë speel nie ’n rol wanneer dit by dié ikoniese mooimaakkunsie kom nie. Hier is ’n paar wenke om jou te help om jou eie treffende katoog-“vlerkies” te skep.

Gebruik ’n omlyner met ’n dun punt. Jy kan ’n skerper buitelyn met ’n vloeibare of jelproduk verkry as met ’n gewone grimeerpotlood.

Kleur en lengte speel beide ’n rol om die voorkoms te verkry wat jy verlang. ’n Langer, swart lyn gee ’n meer dramatiese effek terwyl ’n korter, bruin strepie natuurliker lyk.

Begin deur jou wenkbroue in te vul. Wend hierna onderlaag oor jou hele ooglid aan en verseël dit met ’n bietjie poeier. Gebruik ’n kwas om ’n ligte kleur skadu oor die hele lid aan te bring. Tik daarna ’n ligbruin kleur in die vou van die lid en skakeer dit in.

Gebruik ’n dun, skuins kwassie om jelomlyner aan die buitehoek van jou oog aan te wend. Verleng dit opwaarts na die middel van jou boonste wimperlyn. Trek dit na die binnehoek met die streep so na moontlik aan die wimperlyn.

Om seker te maak dat jou poging netjies uitkom, plak ’n stukkie mediese papierkleeflint teen ’n effense opwaartse hoek onder jou oë om as gids te dien. Merke of oneweredige lyne kan met verwyderaar aan ’n wattestokkie afgevee word.

Beklemtoon jou meesterstuk met twee lae maskara, natuurlike blos op jou wange en ’n neutrale skakering lipstiffie.

Siedaar! In ’n kits het jy die smeulende sestigsvoorkoms bemeester.

Deel die artikel

Méér artikels

Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig met die regte grimering. ’n ...

Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...

Scroll to Top