Verwagtinge is binne ons beheer!

Verwagtinge is binne ons beheer!

Lewensafrigter MARLET TROMP verduidelik dat ons verwagtinge kan vervul deur dit te verander in ’n doelwit met ’n definitiewe plan van aksie.

’n Verwagting is ’n wens wat ons wil vervul

Dink jy dis goed om verwagtinge te hê of nie? Weet jy watter verwagtinge jy het?

’n Verwagting is ’n wens wat ons vervul wil sien. Ons verwag ander mense moet optree soos ons wil hê. Maar ons beheer nie ander mense nie. Hulle kan optree soos hulle wil.

Hulle weet meestal nie eens wat ons van hulle verwag nie, want ons sê hulle nie.

Dit loop natuurlik uit op teleurstelling, want daar word nie aan die verwagting voldoen nie.

Wanneer ons verwagtinge van iemand anders het, impliseer dit dat ons daardie persoon nie onvoorwaardelik aanvaar nie. Verwagtinge en aanvaarding staan dus teenoor mekaar.

Ons “sien” net ons verwagtinge en sien nie die ware mens in die ander een raak nie. As ons ons verwagtinge kan elimineer, sal ons die ander persoon en wie hy of sy is regtig raaksien en so aanvaar.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy kan jou doelwitte in die lewe bereik as jy die regte metodes volg, was leierskapafrigter DR. GUSTAV GOUS se raad tydens die EkwilEkkanEksal-funksie. Jy ...

Bemark jou droom as jy dit wil bereik, maar jy moet dit ook beskerm, was meesterlewensafrigter LIZETTE VOLKWYN se raad tydens die EkwilEkkanEksal-geselligheid. Jy moet ...

Scroll to Top