Maak kinders groot vir meer as net sukses

Maak kinders groot vir meer as net sukses

Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg?

Voorbereiding vir jou kind se plek in die samelewing

Wat ’n wonderlike lewenservaring om ’n ouer genoem te word. Nog meer, wat ’n ontsettende voorreg!

Ek was nog baie jonk toe my eersteling gebore is. Daardie sagte, warm bondeltjie in my arms het beteken dat die Here ’n ontsettende verantwoordelikheid aan my toegeken het. My waardes en oortuigings het terstond verander.

Ek wonder vandag of ons op daardie oomblik besef het watter enorme plig ouerskap op ons skouers plaas?

Dit begin met slapelose nagte, bottels, doeke, medisyne. Sommer baie gou is die peuter-vriendelike huis deurmekaar van die speelgoed en arriveer die kruip-en-teen-die-meubels-opstaanstadium. Dan volg die eerste treetjie en ons is tog te trots op Elsje’tjie wat so goed vorder.

Ons vergeet egter die rol en invloed wat ons reeds in haar ontwikkeling tot hier toe gehad het. Sy het haar handjie na my uitgesteek as sy voel sy wil val. Sy het by pappa skuiling gesoek wanneer sy bang was.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Lewensafrigter MARLET TROMP verduidelik dat ons verwagtinge kan vervul deur dit te verander in ’n doelwit met ’n definitiewe plan van aksie. ’n Verwagting is ...

Dit is nie nodig om te wag vir ’n spesiale geleentheid om met ’n glansende voorkoms te spog nie, het CINDY NELL–ROBERTS tydens die Nuwe ...

Scroll to Top