Wat die Bybel sê oor ...Krag

Wat die Bybel sê oor … Krag

Moenie op jou eie kragte staatmaak nie. Die boodskap uit die Woord vir jou vandag is: nie deur jou eie krag nie, maar deur sy Gees.

Geweld is nie die antwoord op jou probleme nie

Het jy al probeer om iets met geweld reg te maak? Dis vreemd om hierdie twee woorde in dieselfde sin te lees: geweld en regmaak. Dis duidelik ’n resep vir ’n katastrofe as iemand anders nie ingryp nie.

“Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige” (Sagaria 4:6).

Eenkeer probeer ek ’n slot oopsluit. Tot my groot frustrasie kry ek dit nie reg nie. Ek draai later die sleutel dat ek bang is dit gaan breek. Ek kap die slot; draai dit na al die kante toe, maar tevergeefs.

Tot my groot verligting stap my oudste seun verby. Hy loer in en vra hoekom ek so stoei. Nadat ek verduidelik het, gee hy ’n vermakerige laggie: “Mam, Mam moet net die pennetjie aan die agterkant van die ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis normaal om soms op jou lewenspad ontevrede en teleurgesteld te wees. Doen wat vir jóú belangrik is en nie altyd wat ander gelukkig maak ...

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!