Geluk is nie op uitverkoping nie
- #StilwordSondag
- Sharoney
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
(Psalm 37:4-5)
Geluk woon nie by ’n spesifieke adres of vriendekring nie. Geluk is geen burger van ’n ander land nie. Jy kan dit nie vind wanneer jy eers met vakansie is, of die regte lewensmaat ontmoet, ’n nuwe kar koop of jou doelwitgewig bereik nie.
Jy kan nie geluk waarborg in die flawless weerkaatsing van jou skoonheid wat kunsmatig vir jou glimlag as jy verby die spieël loop nie. Geluk kan nie gekoop, verruil of onderhandel word nie. Dit is nie begrawe in geheime koördinate op ’n roetekaart van jou hart nie.
Geluk is ’n gratis geskenk van God, dit lê oopgestrek in die skatkamers van sy liefde, genade en vergifnis. Jy kan jou hand uitsteek en daaraan vat, dit vir jóú vat, want dit was lankal reeds joune. En tog, jy is altyd huiwerig, bang jy brand jou hand as jy aan die blink van sy liefde vat. Jy wil nie jou klatergeluk prysgee nie, ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie maar ook om vir ...
Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt ...