God het ’n droom vir jou

God het ’n droom vir jou

Van toe af het die Here die huis van die Egiptenaar geseën. Dit was oor Josef dat die Here dit gedoen het.

(Genesis 39:5)

Josef se storie het my nog altyd gefassineer. Gebore as ’n geliefde seun, deur sy broers gehaat, verkoop as ’n slaaf, onskuldig in die tronk laat gooi en later tweede in bevel oor Egipte! God het van die begin af ’n plan met Josef se lewe gehad.

As ons deur ’n slegte tyd gaan, is daar altyd iemand wat sê: Jy moet net glo, dan sal al jou probleme opgelos wees. Of: Dit is dalk God wat jou straf, want jy het sonde in jou lewe.

Maar ons leef in ’n gebroke wêreld en kan nie hartseer vryspring net omdat ons kinders van God is nie. Hy belowe wel in Hebreërs 13:5 dat Hy ons nooit alleen sal los of in die steek laat nie. Wat ’n voorreg!

God was heeltyd by Josef – deur die goed en die sleg. Sy liefde vir ons verander nooit. Hy loop elke tree saam met jou. Hy het jou nie minder lief ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top