Nie-chirurgiese behandelings vir ’n gesonde vel
- Velsorg
- Karien Henrico, somatoloog
Danksy die mediese wetenskap is daar deesdae ’n wye verskeidenheid nie-chirurgiese behandelings om ’n gesonde, jeugdige gelaat te verkry.
Mikronaaldterapie (micro-needling) gebruik naaldjies – van 0,5 mm tot 1 mm lank – om klein gaatjies in die veloppervlak te maak en ’n gekontroleerde wond te vorm. Dit stimuleer die vorming van kollageen en bevorder produkpenetrasie.
Die metode kan plooitjies versag en vergrote porieë laat krimp, pigmentasievlekke herstel, ’n dowwe gelaatskleur verbeter en littekens, rekmerke en selfs selluliet verminder.
Die prosedure word met ’n velroller of naaldpen gedoen. Albei bevat dieselfde naalde, maar die pen kan makliker verstel word om ’n beter resultaat te verkry. Dit neem sowat 20 tot 30 minute en ’n verdowende room word voor die tyd aangewend.
Ná die tyd sal jou vel, weens die stimulasie, vir ’n paar dae rooi en effens geswel wees. Vir goeie resultate is dit nodig om meer as een behandeling te ondergaan.
Om van dooie, droë selle, ouderdomsvlekke en sproete ontslae te raak of jou vel se tekstuur te verbeter, kan jy professionele chemiese afskilfering oorweeg. Vermy meganiese afskilfering, veral as jy sukkel met ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...
Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...