
Ja, jy kan… Keer om nie te stagneer nie
- Ja, jy kan!
- Kobus Neethling
Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING.
Dit verg durf en waagmoed om vars te dink
Het jou manier van dink so voorspelbaar geword dat wanneer jy ’n probleem teëkom, jy altyd deur dieselfde denktregter gaan?
Ons kan net kreatiewe vernuf aanleer as ons verskillende alternatiewe oorweeg, ontvanklik is vir verrassings en geleenthede in plaas van probleme sien.
Kyk ’n slag verby die gewone en sien die ongewone dinge raak. Vergeet daarvan om in te pas en moenie bang wees om uit te staan nie. Moenie terugdeins vir “wilde” idees nie. Jy kan dit altyd later weer “tem”.
Wees egter gewaarsku: Dit verg durf en waagmoed om vars te dink. Mense sal jou soms openlik kritiseer en teenstaan. Jou idees kan selfs gesaboteer word!
’n Oop gemoed behels dat jy nie net begin met dit wat jy weet nie, maar met wat jy graag wil leer. Moenie krities wees nie. Sien die moontlikhede in elke terugslag. Wees gewillig om risiko’s te loop en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Kies waardes wat by jóú pas! LIZETTE VOLKWYN verduidelik hoe om kernwaardes te kies wat reg is vir jou, jou lewe weerspieël en jou besluite ...
Vind uit wat vir jou belangrik is! ARMAND KRUGER leer jou hoe om jou kernwaardes te verstaan en te gebruik om ’n gelukkiger, meer vervullende ...