Oefening kan beendigtheidsverlies voorkom en osteoporose verbeter
- Nuwe jy MENTORS
- Bianca van Rensburg
As jy te min kalsium, vitamien D en minerale inneem, verminder jou beendigtheid. Dit veroorsaak dan osteoporose en kan geweldig seer wees, afhangende van hoe ver dit gevorder is.
Oefening help met kalsium in jou bene. Wanneer jy oefen, voorsien jou lyf meer kalsium aan jou beenstruktuur as deel van die herstelproses ná oefeninge. Oefen buite in die son, want dit skei natuurlik vitamien D in jou lyf af, wat ook ’n baie belangrike vitamien vir beendigtheid is.
Oefeninge wat jy kan doen om dit te voorkom, of kan doen as jy reeds met osteoporose sukkel, is oefeninge wat teen gravitasie werk. Dit is sportsoorte soos netbal, rugby of selfs dans.
Die impak wat die klim van trappe op jou beenstruktuur het, is baie voordelig. So ook die voordele van springtou. Hardloop se impak op jou knieë en jou bene is ook lekker hoog.
As jy reeds osteoporose het, oorweeg iets soos swem. Probeer lae-impakoefeninge met stremmingsbande. Pilates en joga is ook uitstekende oefeninge om te doen as jy reeds met osteoporose sukkel.
Begin sommer nou al oefen. En as jy dalk reeds ...
Teken in
Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...
Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...