Rig jou gedagtes op Hom – Liesel Krause-Wiid
- Geloof MENTORS
- Liesel Krause-Wiid
Wees versigtig wat jy dink, want dit kan fisies nadelig wees vir jou. Spreuke 27:19 sê: Soos jou gesig weerkaats in water, so wys iemand se hart wat in hom aangaan.
Jou onderbewuste kan nie onderskei tussen waar en onwaar nie. Met ander woorde, as jy negatiewe gedagtes dink, gaan hulle begin wortels kiet. As jy lank genoeg op ’n bepaalde afbrekende manier dink, sal jou onderbewussyn dit begin glo. Daarom moet ons maak soos Paulus sê: Elke gedagte gevange neem en dit gehoorsaam maak aan God.
Laat jou breinvoetpaadjies in ’n positiewe rigting loop
Ons gedagtes vorm as’t ware “voetpaadjies” in ons brein. Wanneer ons pal aan iets dink, trap ons daardie voetpaadjies uit en raak dit al hoe moeiliker om ’n nuwe pad te vorm. Hierdie breinpaadjies is waar jou woorde gebore word en waaruit jou optrede voortspruit.
Kenners reken dat as jy jou slegs ’n paar minute lank bekommer, jou immuunsisteem sommer vir ’n paar uur daarna onderdruk word. ’n Studie is met ’n groep bejaarde mense gedoen. Hulle is aangesê om vir tien dae net te dink aan musiek en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly. ...