Leer jou kind sy tyd bestuur
Almal jaag daarna, maar niemand kan dit vang nie. Tyd wag immers vir niemand nie. Leer jou kind vroeg reeds om tyd reg te bestee.
Soms wens ons die tyd om, soos wanneer jou pasgebore baba vir slapelose nagte sorg of jou tiener haar oë na bo opslaan en deure toeklap. Ander kere wens ons weer die tyd kan stilstaan as jy die klein lyfie styf teen jou vashou of sien hoe lekker die jongspan in die water baljaar in die vakansie.
Gebruik ’n uurglas terwyl jou kind sekere take verrig
Ons almal het net 24 uur in ’n dag. Hoe ons dit gebruik, is belangrik. Ook die Bybel vermaan ons om ons tyd slim te gebruik.
Tog is daar elke dag baie dinge wat ons aandag aflei of ons tyd onnodig in beslag neem – dinge wat ons weghou van dit wat werklik belangrik is. Om nou jou tyd verstandig te gebruik is tot jou voordeel, want niemand weet wat die dag van môre inhou nie. Dit is waarom jy jou kind vroeg moet leer dat tydsbestuur ’n vaardigheid is wat bemeester moet ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Sal jou kind eerder honger gaan slaap as om kos te eet waarvan hy nie hou nie? Gelukkig is daar hoop vir sulke eiesinnigheid. Weet ...
As mamma en vrou hou ons die atmosfeer in die huis in ons hande en ons stemtoon vas. ’n Kalm ouer, het ’n groot uitwerking ...