God se alwysheid bring berusting
- #StilwordSondag
- Soekie Krog
Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op ’n teregwysing ag slaan, kry insig. Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid ... (Spreuke 15:32-33)
Ek was só oortuig dat al my planne presies gaan uitwerk toe ek die derde keer Uganda toe vlieg: hierdie keer met drie swaar tasse vol voorraad vir 40 lande se 150 afgevaardigde skoolhoofde. Hulle sou elke boek en CD op my uitstaltafel opkoop en nóg bestel. Ek het selfs ekstra betaal vir nog 20 kg buiten die 46 kg reeds toegelaat.
Was ek teleurgesteld, kwaad, of sommer net omgekrap dat iemand (was dit God?) my perfekte planne in die wiele gery het? Die drie tasse het swaarder gevoel toe ek hulle by die lughawe inweeg op pad terug. My beursie was leeg en my hart was moeg.
“Planne maak” behels vir my vier eenvoudige stappe: dink, praat, doen, geniet. Wanneer iets tussenbeide kom in een van die stadiums en die uitkoms verskil van dit wat ek gedroom het, kan dit groot teleurstelling bring.
Ek het diep gesoek en toe groot ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. (Efesiërs 6:18) Dit ...
… en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons ...