Neem jý nou die inisiatief
- #StilwordSondag
- Susan Coetzer
“Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.” (Matteus 7:12)
Die Here eer ’n mens wat die inisiatief neem om goed te doen. Hy hou daarvan as jý gaan vrede maak – selfs al was jy nie verkeerd nie en verdien jý eintlik ’n verskoning. Sjoe, dis tough!
Die Woord sê selfs as iemand iets negatiefs teen jou “stoor”, moet jý die inisiatief neem om dit reg te stel! Gaan as vredemaker na die persoon. Ja, as Ligdraer. Bring lig na die donker situasie.
Maar wie is nou lus om met ’n wit vredesvlag na iemand te hardloop wat jou beledig? Nie ek nie. Ek wou altyd eerder ’n rooi vlag voor die stouterd se neus wapper. Hy of sy moet eintlik met ’n groot wit vlag en verskoning aan mý voordeur kom klop!
Ek was baie jare so. Maar hoe nader ek aan die Here groei, hoe meer besef ek dat ek ’n “doener” van die Woord moet word, nie net ’n “leser” ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees! (Habakkuk 2:20) Die wêreld om ons is boordensvol geraas. ...
Baie van die Jode het verneem dat Jesus daar is en het daarheen gekom, nie net ter wille van Jesus nie maar ook om vir ...