Die wonder van sesamsaad

Die wonder van sesamsaad 

Sesamsaad het wonderlike teenverouderings- en gesondheidsvoordele. Dit word nie verniet al vir duisende jare in volksgeneeskunde aangewend nie.  

Hierdie olieryke korreltjies is propvol vesel en mono-onversadigde vette, kan help om jou cholesterol- en bloeddrukvlakke te verlaag en bevorder gesonde beenvorming.

Dit is ook ’n voedsame bron van plantproteïen en die B-vitamiene: tiamien (B1), niasien (B3) en vitamien B6, asook noodsaaklike minerale soos kalsium, yster, mangaan, sink, magnesium, selenium en koper.

Die hoofrede hoekom dit een van my gunstelingbestanddele is, is dat dit anti-inflammatoriese eienskappe het en ryk aan antioksidante is.

Sesamsaad werk uitstekend in soet sowel as sout disse.

Diegene van julle wat, net soos ek, van kontraskleure in kos hou, kan gerus op die uitkyk wees vir die swart sesamsaadjies wat tans oral op die winkelrakke beskikbaar is. Dié variasie word dikwels in Oosterse rysdisse en slaaie gebruik.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Rou kakao is propvol nutriënte en is gewoonlik in die meeste gesondheidswinkels beskikbaar. Dit gee die liggaam ’n hupstoot en stel goedvoelhormone vry. Cacao en ...

Eiervrug is nie net ’n uitstekende bron van dieetvesel nie, dit is ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. Die sonderlinge pers vrug is ’n ...

Scroll to Top