Beesfilet met biltong en songedroogde tamatie
10 min. + gaarmaak 15 min.
4 mense
filetmedaljons of braaivleis van jou keuse
1 t olyfolie
1 rooi slaai-ui, opgekap
3 e rou heuning
150 g ekstra maer klam biltong
1 t woestynsout of pienk sout
½ t peper
2 t paprika, opgehoop
2 e balsemiekasyn
3 t knoffel- of uievlokkies, opgehoop
150 g songedroogde tamaties
10 g of ’n handvol vars gekapte tiemie
- In ’n pan oor matige hitte, braai die uie in olyfolie tot gaar.
- Voeg die heuning by en roerbraai totdat die heuning gekaramelliseer het.
- Voeg dan die biltong, al die speserye en balsemiekasyn by en roer goed.
- Rond af met varsgekapte tiemie en dien op saam met filetmedaljons of braaivleis van keuse.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
10 min. + gaarmaak 10 min. 5-6 sosaties Vir die sosaties ongeveer 600 g skaapvleis in middelmatige blokkies gesny ongeveer 12 sprietuie 6 vye (1 ...
5 min. + gaarmaak 10 min. 2 mense 1 t olyfolie 4 snye brood Vir die eiermengsel 6 eiers 1 t woestynsout of pienk sout ...