10 min. + gaarmaak 30-35 min. 3 mense
600 g gevriesde babawortels
1 rooi-ui, opgesny
6 hoenderdye
Vir die sous
6 t olyfolie
3 e rou heuning
2 t sout
½ t growwe swart peper
1 t tiemie
1 t komyn
1 t borrie
50 ml warm water
’n knippie rissievlokkies
vars koljander vir garnering
- Stel die oond op 200 °C.
- Berei ’n oondpan of -bak voor met kleefsproei.
- Plaas die gevriesde babawortels in die bak en rangskik die gekapte ui bo-op.
- Plaas die hoenderdye op die wortels en uie.
- Meng die bestanddele vir die sous en giet oor die hoenderdye.
- Besprinkel met rissievlokkies.
- Bedek met foelie en plaas in die oond vir 15 minute.
- Verwyder die foelie en plaas terug in die oond vir ’n verdere 15-20 minute.
- Garneer met vars koljander voor opdiening.