15 min. + baktyd 7 min.
24 koekies
300 g amandelmeel
50 g amandelsplinters
1 e kakao, opgehoop
1 t sout
1 t koeksoda
200 g amandelneutbotter
6 e rou heuning
2 t vanieljegeursel
1 t opgehoopte sterk
koffiepoeier, of 1 skoot espresso
koffiebone en haselneute vir garnering (opsioneel)
- Stel die oond op 200 °C.
- Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei en besprinkel met amandelmeel.
- Meng al die bestanddele saam tot dit egalig gemeng is en ’n stewige deegtekstuur het.
- Neem ’n stuk deeg, rol dit in ’n worsvorm met ’n deursnee van 2 tot 3 cm, sny dan in stukkies van ongeveer 3,5 cm lank.
- Plaas die deegstukkies op ’n bakplaat, met genoeg spasie tussenin.
- Druk ’n vurk in kakao, en gebruik dit dan om elke stukkie deeg plat te druk. Die kakao help dat die deeg nie aan die vurk vasklou nie.
- Bak die koekies 7-10 minute.
- Bedruip met rou heuning en besprinkel met kakao sodra dit uit die oond kom.
- Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer in die yskas.