60 min. + gaarmaak: 60 min.

4 mense

1 ekstra groot of 2 medium botterskorsies, in halwes gesny

1 t olyfolie

1 groot rooi-ui, opgesny

50 g wortel, opgesny

50 g seldery, opgesny

250 g gaar bruin basmati-rys

handvol vars gekapte tiemie

1 t salie

1 t uiepoeier

100 g rooibosbessies

100 g okkerneute

2 e olyfolie

2 e rou heuning

2 e balsemiekasyn

3 t woestynsout of pienk sout

1 t growwe swartpeper

  1. Stel die oond op 200 °C.
  2. Sny die botterskorsies in die helfte, verwyder die pitte en bak in die oond vir 45 minute
  3. Laat effens afkoel en skep van die botterskorsie uit sodat die helfte ’n holte in het.
  4. In ’n pan oor matige hitte, braai die ui, wortel en seldery tot gaar.
  5. Voeg die uitgeskepte botterskorsie, basmati-rys, rooibosbessies, okkerneute en die res van die bestanddele by.
  6. Meng goed en skep in die botterskorsiehelftes.
  7. Bak vir nog 10 minute. Garneer met vars kruie en dien dadelik op.