Geroosterde portobellosampioene met biltong

Geroosterde portobellosampioene met biltong

5 min. + gaarmaak 20 min.
4 mense

4 ekstra groot portobellosampioene
20 ml olyfolie
2 g droë pietersielie
150 g ekstra maer biltong
120 g songedroogde tamaties, verkieslik in olyfolie ingelê, gedreineer
2 g growwe swartpeper
1 klein rooi-ui, fyngekap

Vir die krummels
1 e amandelmeel, opgehoop
½ t vars knoffel
1 t sesamsaad, opgehoop
knippie woestynsout of pienk sout

Vir die sous
1 eetlepel rou heuning
1 eetlepel sojasous
varsgekapte pietersielie vir garnering

  1. Stel die oond op 200 °C.
  2. Berei bakplaat voor met kleefsproei.
  3. Plaas sampioene op die bakplaat, besprinkel met omtrent 1 teelepel olyfolie elk en plaas die biltong en songedroogde tamatie bo-op.
  4. Meng die krummels en strooi bo-oor elke sampioen.
  5. Garneer met rooi-ui, pietersielie en swartpeper.
  6. Bak vir 15 minute.
  7. Meng intussen die sous.
  8. Haal uit die oond uit, en gooi die sous bo-oor elke sampioen.
  9. Plaas terug in die oond en bak vir nog 5 minute.
  10. Garneer met pietersielie.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

10 min. + gaarmaak: 15 min. 2 mense 1 k rooibostee   1 k onversoete amandelmelk   1 k gerolde hawermout   ½ t sout   ½ t kaneel   ...

10 min. + gaarmaak: 15 min.   2-4 mense  1 sny 100% rogbrood   200 g langsteelbroccoli   200 g rosa-tamaties   100 g babaspinasie   15 g wilde roket   ...

Scroll to Top