Wat gebeur het, was ’n wonderwerk!

Wat gebeur het, was ’n wonderwerk!

Albei was op die randjie van die dood. WYNAND en LINDI DELPORT van die destydse musiekgroep Anders. Man en vrou kan getuig … Wonderwerke gebeur vandag nog. 

Die keuse-oomblik wat Lindi in wonderwerke laat glo het 

“Wat gaan aan, Pa?” Dinge was nie meer dieselfde by die huis nie. Hoekom nie? 

“Ek het lief geword vir ’n ander vrou,” het hy stilweg gesê.  

Daardie selfde aand nog is ons bymekaargeroep en ingelig.  

“Ons het besluit om te skei.” Daar was nie ’n mooi manier om die slegte tyding oor te dra nie.  

Ek het die volgende oggend met dikgehuilde oë skool toe gegaan. Die wêreld het in een oomblik inmekaargestort, my ingebore lewensblyheid het verdamp.  

Die warmte van ons hegte gesin was yskoud en klinies uitmekaargeskeur.  

En wanneer dit alleen en stil was, het die stemme gekom. Dit was amper hoorbaar in my kop: Jy is nie goed genoeg nie. Jy hoort nie op die aarde nie. Jy is niks!  

’n Sielkundige het hierdie verskriklike gevoel ’n naam gegee. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Wanneer iets slegs gebeur, voel ons alleen. Bourekenaar ANRIKA KOTZÉ het tot die besef gekom dat ons nie alles alleen hoef te doen nie. Jy ...

Pastoor en storieverteller ANDRIES VERMEULEN gebruik sy storie om vir mense hoop saam met die humor te bring … maar eers moes hy leer om ...

Scroll to Top