Die lewe kan in ’n oogwink verander

Die lewe kan in ’n oogwink verander

Nadat CARIN DE JAGER al haar gastehuiswerkers na veiligheid gestuur het, is sy deur vlamme omring. ’n Verlammende vrees het haar oorweldig. Vandag weet sy dié voorval het lewensbetekenis kom toevoeg.

Hoe kan ’n byna normale oggend so vinnig ontaard in die ding wat jy die heel meeste vrees? Dit is hier: omring deur vlamme. Vroeër daardie oggend het ons gehoor dit brand in Plettenbergbaai. Jy begin ’n normale dag beplan.

Dan kom die skielike nuus: Dit brand by die wit brug. Die vlamme kom vinnig nader.

Die gastehuis ...

Die gastehuis se werkers is intussen almal huis toe gestuur.

Die bome rondom ons villa moes natgemaak word. Tog twyfel jy, wat is die kans dat die vlamme so hoog op sal kom?

Die hitte wat saam met die wind gekom het, was so warm. Die natgemaakte dele was binne sekondes so droog soos tjips. Om asem te haal, het begin moeilik raak.

Die hitte was so erg, ek kon ruik hoe my hare skroei. Orals was daar net vlamme. Half aan die verstik sien ek hoe die vlamme net meer word. Heel verslae gaan sit ek op die trap.

Ruffy, my hond, word styf vasgehou. Daar word gebid. As dit Sy wil is, is dit reg. Dit was duidelik, vandag kom Carin se paadjie tot ’n einde.

Toe kom daar ’n kalmte, ’n troos. Dit was doodstil. Die hitte, die rookreuk en die vrees was weg. Dit was soos ’n veilige borrel.

Bome en struike het agterlangs aan die brand geslaan. Jy moet nou hardloop vir jou lewe.

Hierdie is al wat dalk oor is. Die klere aan jou lyf. Jy wonder wat van jou gaan word. Jy verlang na jou geliefdes.

Later kom die nuus dat ek vir byna vyf uur vasgevang was in die angstigheid van dood. Blou polisieligte het tot ons redding gekom. Dit voel soos die einde van die wêreld.

Daar is voor die kruispad gestaan. Hy het my beskerm. Hoekom?

Die voorval het my lewensuitkyk totaal verander. Daar is ’n doel met jou lewe. Vandag draai tyd om mense en nie dinge nie.

Die lewe kan in ’n oogwink verander.

’n Nuwe gevoel is gebore om mense lief te hê. Daar is soveel wat in moeilike omstandighede staan. Om ’n vreemdeling wat swaarkry ’n drukkie te gee en ’n bietjie om te gee, kos mos niks.

Daar is ’n nuwe begeerte om dié getuienis met die wêreld te deel. ’n Passie om Sy waarheid te deel. Hy sal jou nie verlaat nie. Hy luister. Hy vang elke traan.

Deel die artikel

Méér artikels

Sangeres STELLA, wat soms vroualleen op ’n plaas is, vertel hoe sy vrees gebruik om haar gedagtes eerder op God se beloftes te fokus. Met ...

JOHANNI STEENKAMP, suksesvolle besigheidsvrou, voorkomskonsultant en prokureur, het besluit dat vrees en verwerping haar nie gaan terughou nie. Ek weet hoe ongevraagde kritiek, die vrees ...

Scroll to Top