Só oorkom ek ... verlies - Rianet Engelbrecht

Só oorkom ek … verlies

Op aarde is ons nie sonder seerkry nie, maar ook beslis nie sonder God nie. Sommige dae is moeilik. Dit neem tyd om aan jou wonde gewoond te raak, sê Rianet Engelbrecht, ma van die vermoorde Marna Engelbrecht.

Ek het nog die vorige middag vir Marna deur die motorruit gegroet voordat ek plaas toe gery het. Nooit het ek kon dink dat dit die heel laaste keer sou wees nie. Maar iewers deur die loop van daardie nag, is Marna en haar vriendin in hulle koshuis vermoor …

Stefaans se foon begin lui. Hy is ontsteld. Waar is my foon? Soek. Fokus. Alles voel deurmekaar. Riané kla dat my foon al ’n ruk lank lui. Dan kom die nuus wat ons hele wêreld omkeer.

Selfdood? Marna én haar maat Sharnelle? Kan nie wees nie. Maar dis wat die stem oor die telefoon vir my sê. Albei van hulle. In die koshuis, gisteraand.

Ons drie bondel in die bakkie in. Die res van die pad bid ek vir krag, genade en vrede. Wat ook al gebeur het, Marna het die Here geken. Waarvoor kan ek meer vra? ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die violis LYNETTE DE JAGER het lankal reeds besef dat die lewe kort is en dat sy die beste moet maak van elke geleentheid wat ...

In vandag se samelewing begin portuurdruk reeds baie vroeg. Ons kinders begin gou agterkom dat ander kinders sekere goed op bepaalde maniere doen, en het. ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!