Skip to content
Facebook Instagram Youtube
  • Tuis
  • Teken aan
  • Registreer
  • Kontak ons
    • Kliëntediens
    • Oor ons
    • Ondersteun ons
  • Vriendinne
    • Méér oor
    • Lede-portaal
  • Inspirasievrou
  • VoelgoedEvents
  • Koop aanlyn
    • Voelgoed-Leer
    • Voelgoedwinkel
    • Nuwejaars-bederf
  • Tuis
  • Teken aan
  • Registreer
  • Kontak ons
    • Kliëntediens
    • Oor ons
    • Ondersteun ons
  • Vriendinne
    • Méér oor
    • Lede-portaal
  • Inspirasievrou
  • VoelgoedEvents
  • Koop aanlyn
    • Voelgoed-Leer
    • Voelgoedwinkel
    • Nuwejaars-bederf
  • Tuis
  • Artikels
    • Mensstories
    • Self
    • Vroue wat Glo
    • Huwelik
    • Ouerskap
    • Nuwe Jy
    • Werk + Geld
    • Leefstyl
      • Aanlyn onderwys
      • Natuurlik gesond
      • Vakansie
      • Finansies-vennote
      • Doen goed
  • Video + Oudio
    • Video’s
    • Oudio’s
    • Podsendings
  • Mentorklas
  • MentorMaandag
  • WebinaarWoensdag
  • Voelgoed Live
  • Voelgoed-vriendinne
  • Inspirasievrou
  • VoelgoedEvents
  • Koop aanlyn
    • Voelgoed-Leer
    • Voelgoedwinkel
    • Nuwejaars-bederf
  • Profiel
    • Teken aan
    • Registreer
  • Kontak ons
    • Kliëntediens
    • Oor ons
    • Ondersteun ons
  • Tuis
  • Artikels
    • Mensstories
    • Self
    • Vroue wat Glo
    • Huwelik
    • Ouerskap
    • Nuwe Jy
    • Werk + Geld
    • Leefstyl
      • Aanlyn onderwys
      • Natuurlik gesond
      • Vakansie
      • Finansies-vennote
      • Doen goed
  • Video + Oudio
    • Video’s
    • Oudio’s
    • Podsendings
  • Mentorklas
  • MentorMaandag
  • WebinaarWoensdag
  • Voelgoed Live
  • Voelgoed-vriendinne
  • Inspirasievrou
  • VoelgoedEvents
  • Koop aanlyn
    • Voelgoed-Leer
    • Voelgoedwinkel
    • Nuwejaars-bederf
  • Profiel
    • Teken aan
    • Registreer
  • Kontak ons
    • Kliëntediens
    • Oor ons
    • Ondersteun ons
“Gebroke verhoudings is altyd pynlik” - NATHANYA VAN ZY

Gebroke verhoudings is altyd pynlik

  • Lewensdrama
  • Nathanya van Zyl

Verhoudings is nie maklik nie. Om die regte maat te kies, kan opwindend wees. Maar niks maak so seer soos ’n gebroke hart nie. Juis daarom is dit NATHANYA VAN ZYL se passie om ander dié pyn te spaar.

Ons almal droom daarvan om goeie verhoudings  te hê, hetsy vriendskaplik of romanties. Maar ons weet ook dat alles nie altyd uitwerk nie. Drie vroue vertel van hulle verskillende ervarings met verhoudings …

Huis koop, kar koop en man kies was tot dusver vir my die moeilikste goed om te doen.

Miskien het ek ’n probleem met keuses. “Wat as” of “wat van” is altyd die vrae wat tussen my en ’n besluit kom. Die spreekwoord van trou is nie perdekoop nie, is té ernstig opgeneem.

Van daardie eerste bakvissieliefde af was verhoudings nie vir my eenvoudig nie. Keer op keer het ek verkeerd gekies, en wanneer die verhouding nie uitgewerk het nie, was dit verskriklik. My waarde, selfbeeld, alles het daaronder gely.

Gebroke verhoudings is pynlik, maar vandag weet ek my seer moes nie so intens gewees het nie. Omdat my identiteit egter so nou aan my verhoudings verbind was, was elke opbreek soos die einde van die wêreld.

So het dit aangegaan tot my tweede jaar in Bybelskool. Weer was my hart aan flarde. Daardie seer en verwerping was die laaste strooi. Ek kon net nie meer nie.

“Here, help my om hierdeur te kom sodat ander nie so seerkry nie,” was my gebed daardie dag.

Dit is waar my passie vir verhoudings vandaan gekom het. En my passie vir keuses. Wyse keuses – ingelig en verantwoordelik. As ek mense kan help om beter besluite te neem wanneer dit by verhoudings kom, is my roeping vervul.

“Choose your love and love your choice, but choose wisely.” Daar gaan seker nie ’n week verby dat ek nie dit vir iemand sê nie. Veral die “choose wisely” is vir my verskriklik belangrik.

Ja, die liefde is blind, maar jy het ’n verantwoordelikheid om die insig wat jy gekry het, te gebruik. Dis die logika om te weet of ’n verhouding vir jou goed of sleg gaan wees.

Jy moet ook die selfkennis hê om te weet watter persoon by jou gaan pas. Ek het besef my lewensmaat gaan ’n baie spesifieke persoon moet wees. Een wat saam met my gaan vlieg, want ek het nog baie planne vir die toekoms.

As hy nie dieselfde drome as ek het nie, sou dit soos lewenslange tronkstraf wees.

My storie het ’n gelukkige einde. Ek het daardie baie spesifieke persoon gevind. My man glo meer in my as ekself. Hy ondersteun my roeping en sal enigiets doen om seker te maak dit gebeur.

In die lewe is daar baie keuses. Net jy kan ’n besluit neem, want net jy is die een wat daarmee gaan saamleef.

Deel die artikel

Verhoudings is nie maklik nie. Om die regte maat te kies, kan opwindend wees. Maar niks maak so seer soos ’n gebroke hart nie. Juis daarom is dit NATHANYA VAN ZYL se passie om ander dié pyn te spaar.

Ons almal droom daarvan om goeie verhoudings  te hê, hetsy vriendskaplik of romanties. Maar ons weet ook dat alles nie altyd uitwerk nie. Drie vroue vertel van hulle verskillende ervarings met verhoudings …

Huis koop, kar koop en man kies was ...

VOELGOED is ’n leefstyl – om goed te voel oor jouself en jou geloof, jou huwelik en ouerskap, selfs jou werk en geld, én ook jou gesondheid en skoonheid.

PrevVorige ArtikelDie lewe kan in ’n oogwink verander
Volgende ArtikelMy onmiddellik aanvaarding van my kind se doodNext

Méér artikels

Méér artikels
My onmiddellik aanvaarding van my kind se dood”
Lewensdrama

My onmiddellik aanvaarding van my kind se dood

’n Kind wat sterf – maak nie saak op watter ouderdom nie – is die ergste ding wat met ’n ouer kan gebeur, maar vir ...

Lewensdrama

Die lewe kan in ’n oogwink verander

Nadat CARIN DE JAGER al haar gastehuiswerkers na veiligheid gestuur het, is sy deur vlamme omring. ’n Verlammende vrees het haar oorweldig. Vandag weet sy ...

Teken in op Voelgoed se nuusbrief

Kry elke tweede week ons #VoelgoedVrydag-nuusbrief, met artikels, video’s en oudio’s asook inligting oor funksies, vennote, ens.

  • Voelgoed Live
  • Webinare
  • Uitdagings
  • Voelgoed Events
  • Reisklub
  • Voelgoed-leer
  • Voelgoedwinkel
  • Voelgoed Live
  • Webinare
  • Uitdagings
  • Voelgoed Events
  • Reisklub
  • Voelgoed-leer
  • Voelgoedwinkel

Oor ons

Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!

Voelgoed Media

  • Oor ons
  • Ons span
  • Kontak ons
  • Adverteer
  • Oor ons
  • Ons span
  • Kontak ons
  • Adverteer

Rekening

  • Teken Aan
  • Privaatheidsbeleid
  • Teken Aan
  • Privaatheidsbeleid

Volg ons

  • Facebook
  • Instagram
  • Youtube
Scroll to Top
R0,00 0 Cart