Dit wat belangrik is vir jou, is belangrik vir God
- Geloof MENTOR
- Karien Basson
Soos jou verhouding met die Here groei en volwasse raak, sal jy minder reëls en regulasies nodig hê om op die reguit pad te bly.
Soos ’n mens groei in jou geloof, vind jy dikwels dat jou eie wil en begeertes verdwyn. Die Here se begeertes vir jou lewe word die hoofprioriteit. Jy leef meer volgens die begeertes van jou hart om Sy wil te doen.
In Psalm 37:4 is die belofte dat die begeertes van ons hart vir ons gegee sal word. Wanneer jy jou in ’n moeilike situasie bevind, hoef jy nie gedwonge te voel om dinge te doen en besluite te neem as jy nie ’n duidelike riglyn ontvang het nie.
Geen mens het al die antwoorde nie. Maar ons kan vra vir hulp om Sy stem duideliker te hoor. As Hy iets vir jou wys, doen dit. As die antwoord nie dadelik kom nie, bly rustig en kalm. Vertrou en weet dat dit wat jy nie kan doen nie vir jou gedoen sal word.
’n Groot deel van vertroue is om onbeantwoorde vrae te hê. As jy al die antwoorde het, is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...
Om te verander, moet jy besef daar is dinge wat jy anders sal moet begin doen. Die enigste manier om te verander is om die ...