10 min. + gaarmaak 10 min.
4 mense
Vir die marinade
4 e olyfolie
1 t paprika, opgehoop
4 e rou heuning
1 t sout
½ t growwe swart peper
1 ekstragroot of 2 middelslag eiervrugte
2 e sesamsaad, opgehoop
100 g vars babaspinasieblare
15 g wilde roket
80 g granaatpitte
- Sny die eiervrug in steaks (ongeveer 1,5 cm dik) en plaas in ’n bak om dit in te marineer.
- Meng die bestanddele vir die marinade en giet oor die eiervrug. Sprinkel sesamsaad oor.
- Laat die marinade in die eiervrug intrek.
- Gebruik ’n groot pan oor matige hitte en verhit die olyfolie daarin.
- Laat die pan warm word en voeg dan die eiervrug by.
- Braai eiervrug aan albei kante tot goudbruin.
- Berei ’n opdienbord voor met ’n laag babaspinasieblare.
- Plaas die eiervrug bo-op die spinasie en garneer met wilde roket en granaatpitte.
- Sit dadelik voor.


