Ek het ’n sagte kant van die Here ontdek
- My geloof
- Caroline–Grace Brüssow
CAROLINE–GRACE BRÜSSOW van The Voice is mooi en slim, en het ’n pragtige stem. Sy het gedink sy moes net heeltyd werk aan die goed waaraan sy moes verander – totdat sy ’n sagte kant van die Here ontdek het. Eintlik is daar ook baie genade, want die Here ken haar hart …
Dis ’n vraag wat my al lank teister: Is ek goed genoeg?
Ons elkeen kry sekere geskenke – talente – wat in ons hart geplant word as ’n passie. Dis die sagte stem in ons binneste wat ons aanmoedig om nie tou op te gooi nie.
Ongeag my twyfel, kon ek daardie stem nie ignoreer nie.
Baie versigtig het ek hierdie geskenk in my hart begin oopmaak – geleenthede aangegryp om my talent te oefen en te ontwikkel.
In matriek het ek ’n groot rol gekry in ’n skolemusiekproduksie, waarvan die hoofrolle deur professionele sangers vertolk sou word. Ek was heeltemal uit die veld geslaan.
Ek het kliphard gewerk om almal wat gedink het ek was te jonk en onervare, verkeerd te bewys.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die einde van ons lewe hier op aarde is nog lank nie die finale einde nie. En daarin lê CHRIS CHAMELEON se eintlike troos en ...
JOE FOSTER was so vasgevang in sy vrees, dat hy nooit daaroor gepraat het nie. Maar in ’n oomblik van lig, het God die antwoord ...
Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!