
Ek weet nou dat God bestaan
- Hoopstories
- Jak de Priester
Die grootste geskenk wat ek deur Francois se dood gekry het, is die bevestiging van God se bestaan. Die tekens was duidelik.
Bly glo in tye van seer en vrees
Die hele huis is vol mense. Ek gaan sit langs Francois se bed. Die vorige dag het hy na ons geroep. “Skakel die lig af, asseblief,” het hy gevra. “Dit skyn in my oë.”
Maar dit was pikdonker in die kamer. Toe vertel hy ons van die mense wat hy om sy bed sien. Was dit dalk engele?
Terwyl ek daar langs my sterwende broer sit, vat ek sy hand. Hy weeg skaars 40 kg.
Toe druk hy my hand. Styf. Baie styf. Hy haal diep asem – en hou dit in.
So, dis dan die oomblik waarop ons gewag het, die oomblik wat ons gevrees het.
Ek was agtien toe Francois die eerste keer siek geword het. Dis hý wat my van Parys af Pretoria toe neem om vir drama gekeur te word, want ek het nog nie ’n rybewys gehad nie.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Die soektog na betekenis is ’n reis. JO VAN DER MERWE deel hoe haar soeke na haarself haar gelei het na ’n doel, aanvaarding en ...
LAURIKA BEKKER deel die hartroerende verhaal van haar dogter se ongeluksreis, van verwoestende beserings tot ’n pragtige herstel, en ’n besluit tussen lewe en dood. ...