Funksionele oefening kan jou dag makliker maak
- Fiks
- Marijke Cilliers, persoonlike afrigter
Om jou daaglikse aktiwiteite sonder ongemak of skete te verrig is ’n luukse wat nie almal beskore is nie. Funksionele oefening help om die liggaam te leer om daaglikse aktiwiteite makliker en sonder beserings te verrig.
Hierdie tipe fiksheidsprogram sluit tegnieke in wat verseker dat al jou spiere in harmonie funksioneer.
Dink daaraan as afrigting vir die hele beweging – nie net ’n spesifieke spier nie. As jy byvoorbeeld spring, gebruik jy nie net jou beenspiere nie.
Dit is ’n gekoördineerde poging tussen jou senuwee-, kardiovaskulêre, respiratoriese en muskuloskeletale stelsels wat ’n vloeiende beweging moontlik maak.
Die oefening kan vir die vereistes van elke lewensfase aangepas word.
Funksionele fiksheid oefen jou spiere om saam te werk en berei hulle voor vir daaglikse take deur die algemene bewegings na te boots wat jy by die huis, by die werk of in jou sportaktiwiteite doen.
Jy kan dit by die huis of by die gimnasium doen.
Verskillende oefenapparaat of selfs net jou liggaamsgewig kan gebruik word.
Die sleutel tot sukses is die nabootsing van die werklike ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Elke beweging wat jy uitvoer – doelbewus of nie – verbrand energie. Dit is goeie nuus as jy gewig wil verloor! Die liggaam benodig energie ...
Hoe raak ek van die kuiltjies in my bobene ontslae? Dalk met ’n wonderroompie of ure lange kardio-oefening of deur net blare te eet? Dit ...