Laat tuisoefening vir jou werk

Laat tuisoefening vir jou werk

Hoewel isolasie-oefeninge voordele inhou, is dit die beste om saamgestelde oefeninge te doen met vollyfbewegings wat die hele lyf betrek, die meeste spiere aktiveer en die meeste kilojoules in die kortste tyd verbrand.

’n Verdere voordeel is die kleiner risiko dat jy jou sal ooreis.

Die vyf beste spier- en kardiovaskulêre oefeninge is hurke, opstote, trisepsafsakke, boudbrûe en burpees, wat gekombineer kan word vir ’n intense oefensessie wat al die spiere inspan om tonus te verbeter, vet te verbrand en krag te bou.

Vir afwisseling en om die sessie meer uitdagend te maak, kan die tegnieke aangepas word.

Gewone hurke kan byvoorbeeld omgesit word in springhurke, dubbele polshurke of selfs vir ’n bepaalde tyd staties gehou word, om net ’n paar opsies te noem.

Om by die huis jou eie sessie aanmekaar te sit, kan jy die horlosie stel vir 30 sekondes oefen met 15 sekondes se rustyd.

Begin met hurke en werk deur tot by burpees. Rus dan vir ’n minuut en begin weer van voor af.

Jy kan selfs enige tyd deur die dag wanneer ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ...

’n Baie algemene opvatting is dat jy urelange kardiosessies moet doen om vet te verbrand. Doen eerder kragoefeninge om jou metabolisme te versnel. Kardio is ...

Scroll to Top