15 min. + baktyd: 25-30 min. 1 groot poeding 

Vir die krummelkors  

250 g amandelmeel  

2 e rou heuning  

1 e water  

1 t sout  

1 t vanillageursel  

¼ t fyn kaneel  

500 g pitlose druiwe  

’n handvol rosyne  

Amandelvulsel  

180 g amandelneutbotter  

2 e rou heuning  

½ t sout  

1 t karamelgeursel  

70 ml onversoete amandelmelk  

100 g amandelvlokkies  

Amandelmeel, vars roosmaryn 

  1. Stel die oond op 180 °C.  
  1. Meng die kors bestanddele saam in ’n bak totdat krummeltekstuur vorm.  
  1. Sprei tertpan met kleefsproei. Gebruik ± helfte van die krummels om ’n kors te vorm. Druk (ferm) plat op die tertpanbodem. Hou ander helfte vir die krummellaag bo-op.  
  1. 4 Sny die druiwe in die helfte en rangskik in die tertpan.  
  1. Rangskik die rosyne bo-oor die druiwe.  
  1. Meng amandelvulselbestanddele saam en skep bo-oor die druiwe en rosyne.  
  1. Bedek met die res van die krummels. Besprinkel met amandelmeel.  
  1. Bak 25-30 minute. Haal uit oond, laat effens afkoel.  
  1. Garneer met vars roosmaryn voor opdiening.