Gebruik jou gawes en talente op ’n effektiewe wyse

Gebruik jou gawes en talente op ’n effektiewe wyse

Jy is geroep vir ’n spesifieke doel – om jou gawes en talente te gebruik om God se naam te verheerlik. Doen net dít wat die Here van jou vra.

Die Here gebruik ons gawes én ons pyn

Een van die hartseerste, maar mees definiërende dae in my lewe, was 1 Junie 2002 – die dag waarop my broer Hansie oorlede is. My niggie het ons so agtuur in die oggend gebel en gesê: “Julle moet bid, Hansie se vliegtuig word vermis.”

’n Uur later het ek ...

Jy is geroep vir ’n spesifieke doel – om jou gawes en talente te gebruik om God se naam te verheerlik. Doen net dít wat die Here van jou vra.

Die Here gebruik ons gawes én ons pyn

Een van die hartseerste, maar mees definiërende dae in my lewe, was 1 Junie 2002 – die dag waarop my broer Hansie oorlede is. My niggie het ons so agtuur in die oggend gebel en gesê: “Julle moet bid, Hansie se vliegtuig word vermis.”

’n Uur later het ek in my bakkie geklim en George toe te gery, waar sy vrou, Bertha in hulle huis gewag het.

Dit was eers na twee ure se ry wat ek ’n oproep ontvang het: “Jammer Frans, ek het baie slegte nuus. Ons het die vliegtuig se wrak opgespoor, hoog op ’n bergpiek naby George. Hansie en die twee loodse is al drie oorlede. Kan jy asseblief jou familie laat weet?”

Hoe vertel jy vir jou pa en ma dat hulle seun oorlede is? En vir jou suster? Maar die moeilikste was vir sy vrou. Toe ek haar bel, kon ek net die woorde uitkry: “Bersie, ek’s jammer.”

En toe is my selfoon se battery pap. Stilte …

Vir die volgende twee ure tot in George kon ek net huil en ry en bid. “Here, ek is nie rebels nie, maar ek moet erken, ek sou dinge ’n bietjie anders gedoen het. Ons het almal gedink U gaan nou vir Hansie op ’n kragtige wyse gebruik. Hy was die laaste twee jaar deur soveel moeilike dinge, en dis eers die laaste paar weke wat hy weer die ‘ou Hansie’ was.”

Die Here antwoord my toe so duidelik dat dit voel asof Jesus langs my in die bakkie sit: “Dit is nie vir jou om te weet wat môre gaan gebeur nie, maar soek vandag My koninkryk en Ek sal vir jou alles gee wat jy vir môre benodig.”

Gebruik jou unieke talent tot eer van God

Ek het aandagtig gesit en luister en die Here se volgende woorde het my geruk: “Jy is uitgebrand en moeg. En dis jou eie skuld. Ek het jou geroep vir ’n baie spesifieke taak, maar jy raak betrokke met ander dinge en dit maak jou so besig dat jy nie by alles uitkom nie. Doen net die een ding wat ek vra, en dit sal goed gaan met jou.”

Op daardie oomblik het ek sonder twyfel geweet: Ek moet flieks maak wat die Here se koninkryk bou. En die eerste fliek wat ek toe maak, was Faith like Potatoes.

Van daardie dag af was fliekmaak my fokus en het ek opgehou met al die ander “goeie dinge” waarmee ek besig was. Ek is geseën met verskeie talente en het altyd die all rounder-pryse gewen. Maar ’n all rounder kan soms verlore raak wanneer jy te veel probeer doen en nie fokus op dié dinge wat die belangrikste is nie. Hierdie “rhema”-woord van die Here het my gehelp om te fokus, en sodoende my talente en gawes op ’n doeltreffende manier aan te wend.

Wanneer jy fokus op dit wat JY veronderstel is om te doen, dan: doen jy dit goed geniet jy dit help jy mense verheerlik jy die Here.

Wanneer jy betrokke raak waar jy nie veronderstel is om te wees nie, dan: doen jy dikwels swak werk verg die werk inspanning trap jy op ander mense se tone frustreer jy die planne van die Here.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top