Genesing het vir my by vergifnis begin’

Genesing het vir my by vergifnis begin

Pastoor en storieverteller ANDRIES VERMEULEN gebruik sy storie om vir mense hoop saam met die humor te bring ... maar eers moes hy leer om te vergewe. 

Maak die doelbewuste keuse om te vergewe 

Deur al die slegte tye was die genade altyd daar. In elke seisoen het Hy gesorg vir mense wat my kon leer en op die regte pad help.

Dit het vroeg al begin toe die welsyn ons na ’n veiligheidskool oorgeplaas het. Op die eerste dag sit ek langs CP Louw en ons ...

Pastoor en storieverteller ANDRIES VERMEULEN gebruik sy storie om vir mense hoop saam met die humor te bring … maar eers moes hy leer om te vergewe. 

Maak die doelbewuste keuse om te vergewe 

Deur al die slegte tye was die genade altyd daar. In elke seisoen het Hy gesorg vir mense wat my kon leer en op die regte pad help.

Dit het vroeg al begin toe die welsyn ons na ’n veiligheidskool oorgeplaas het. Op die eerste dag sit ek langs CP Louw en ons word beste vriende. Onafskeidbaar.

Naweke het ek by hulle gekuier en mettertyd het hierdie gesin ook my gesin geword. Hartsmense wat ek vandag nog ma, pa, broer en suster noem. As mense my vra waar ek vandaan kom, is my antwoord: “Van Redelinghuys af. My ouers boer daar.”

Hulle was nie ryk mense nie, maar hulle was koninkryksmense. Daar het ek geleer hoe ’n liefdevolle huis lyk. Wat dit is om ordentlik te wees, goeie tafelmaniere te hê, jou huiswerk te doen, en wat dit beteken om te glo.

My enigste onthou van geloofsgoed was my ouma Margaret, wat dikwels hardop gesing en gebid het. Dan het die res van die mense in die huis haar snaaks aangekyk.

As ek stil raak, hoor ek nou nog haar stem. Dit was deur haar invloed dat die saadjie ook in my hart geplant is.

My genesing het by vergifnis begin. Ek en my vrou is geseën met ’n seuntjie en ’n dogtertjie. Dit was lank vir my ’n groot stryd om ons seuntjie te dissiplineer as hy stout was.

“Elke keer as ek die plak optel, vat dit my heelpad terug na my ouerhuis toe …”

Toe besef ek ek móét my pa vergewe.

Ek moes hom vir alles vryspreek, én dankie sê dat hy my pa is. Tot ek dit nie gedoen het nie, sou ek nooit self die man kon wees wat ek bedoel was om te wees nie.

Ek moes ook my ma vergewe vir die kere wat sy nie ’n ma was nie, en dankie sê vir kere wat sy wel was.

Moenie jou verlede as ’n verskoning gebruik nie 

My broer het gekies om sy grootwordjare as ’n verskoning te gebruik om verslaaf te raak aan dwelms. Ek onthou al die aande wat die polisie my gekontak het om te sê: “Ons het jou broer langs die straat opgetel. Kom haal hom.”

Jy stry daarteen. Dis jou mense. Dit maak baie seerder as wat enigiets anders kan maak, maar tot ek hulle nie kon vergewe nie, kon ek nie vir ander mense sê wat daar van hulle verwag word nie.

Al verloop dinge nie soos jy beplan nie, kies nogtans die regte pad.

Om te vergewe, het beteken dat ek eers in myself moes gaan krap. Eers moes besin oor hoe en hoekom ek dit wil doen.

Toe ek uiteindelik tot die daad oorgaan, was dit hartseer toe dit nie aanvaar is nie. Dan moet jy dit óók hanteer.

My pa se reaksie was soos altyd. Hy kyk vir my, maar sê niks.

Dalk omdat hy nie weet wat om te sê nie of omdat hy niks gehad het om te sê nie.

Volgens hom moes die dinge wat in ons huis gebeur het, nie ’n uitwerking op ons gehad het nie. Vir hom was dit fine, so, wat is my probleem?

Ek het lank daarmee geworstel, tot die Here my op die skouer geklop het. “Jy het gedoen wat jy moes doen.”

Wat ék moet doen, is om te volhard in vergifnis. En as ek kwaad word, moet ek teruggaan na die keuse wat ek gemaak het en weer van voor af vergewe.

Ek het besef ons is gees, siel en liggaam, en om in lyn te bly, moet ek ook hierdie areas van my wese in lyn hou.

My liggaam is die voertuig en my gees is verbind tot God se Gees. Maar met my siel neem ek die laaste besluit oor wat ek gaan dink, doen en sê.

Ek word nie voorgetrek nie en dit gaan nie goed met my omdat Hy vir my gekom het en nie vir ander mense nie.

Vind verlossing deur God eerste te stel 

Ek het nie uit die kringloop van my omstandighede losgebreek omdat ek beter is as hulle nie. Ons is almal dieselfde gemaak en Hy het elke mens eerste gekies. Die oomblik toe ek Hom ook kies, het ek die volledige koninkryk tot my beskikking gekry – elke belofte oor voorsiening, beskerming, verhouding, verlossing. Dis so eenvoudig soos dit.

As jy nie die keuse maak om Hom te kies nie, is jy ook nie in staat om jou struikelblokke te oorwin nie. ’n Mens kan slegs floreer as jy binne die Woord leef.

Daar was ’n tyd toe ek dit vergeet het. Toe die vuur in my afgekoel het. Ek het die pad byster geraak en weggedwaal. Dom dinge gedoen.

Op ’n dag het ek opnuut besluit: Tot hier toe en nie verder nie.

My sleutels, beursie, lisensies … ek het alles in die kluis voor my op die mat uitgepak en gesê: “Hierdie is my totale besittings, alles wat ek het. Ek verlang na U. Kom ons begin ons vennootskap van voor af.”

Hierna het Hy my uit my bankrotskap gehaal en gesê ek moet gehoorsaam raak.

Dis reg, want soms praat ons te veel en luister te min.

Om aan ons geloofsverhouding en foute te werk, lyk na inspanning, en dan los ons dit liewer.

Ek het ook my tekortkominge, soos ’n baie kort humeur. Swak diens maak my verskriklik kwaad, maar dis steeds nie ’n verskoning nie.

Elke slag as my bloed kook, gaan ek terug na die kruis toe. “Dis nie die moeite werd nie. Vergeet dit. Los dit. Loop weg.”

Hy het my geleer om myself summier te verwyder uit swak omstandighede. As ’n situasie nie goed is vir my siel nie, staan ek op, maak verskoning en gee pad.

Ons is in hierdie wêreld, maar ons hoef nie deel daarvan te word nie.

Al weet ek vandag wat sukses en ’n goeie lewe beteken, sal ek nooit weer toelaat dat die wêreld my insluk nie.

Jy is nie die gevangene van jou verlede nie, maar die argitek van jou toekoms.

My plek is by Sy voete.

Al verloop dinge nie soos jy beplan nie, kies  nogtans die regte pad. Om te vergewe, het beteken dat ek eers in myself moes gaan krap.” 

Deel die artikel

Méér artikels

As jong meisie het sangeres en TV–aanbieder ROUCHELLE LIEDEMANN se swak selfbeeld haar lank gekeer om haar drome uit te leef. Vandag leef sy in ...

SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak. ...

Scroll to Top