Moenie alles alleen doen nie

Moenie alles alleen doen nie 

Wanneer iets slegs gebeur, voel ons alleen. Bourekenaar ANRIKA KOTZÉ het tot die besef gekom dat ons nie alles alleen hoef te doen nie.

Jy is nie verantwoordelik vir alles en almal nie 

Die meeste vroue word grootgemaak om verantwoordelikheid te neem vir wat ons doen. As ons onsself weer kom kry, voel ons verantwoordelik vir alles en almal om ons. Dit is normaal om soms oorweldig te voel, maar dit hoef nie permanent te wees nie.

Ek was ook altyd so ’n vrou gewees wat gedink ...

Wanneer iets slegs gebeur, voel ons alleen. Bourekenaar ANRIKA KOTZÉ het tot die besef gekom dat ons nie alles alleen hoef te doen nie.

Jy is nie verantwoordelik vir alles en almal nie 

Die meeste vroue word grootgemaak om verantwoordelikheid te neem vir wat ons doen. As ons onsself weer kom kry, voel ons verantwoordelik vir alles en almal om ons. Dit is normaal om soms oorweldig te voel, maar dit hoef nie permanent te wees nie.

Ek was ook altyd so ’n vrou gewees wat gedink het ek moet alles regmaak. Dit is totdat my pa, my grootste held, met kanker gediagnoseer is. Ek het met ’n skok besef dat ek hom nie gesond kan maak nie.

Só het ek ’n pad met die Here begin stap. Ek ken die Here al lank, maar ek het nie geweet wat dit beteken om ten volle op Hom te vertrou en oor te gee nie.

Ek is die jongste van drie kinders en die enigste dogter. ’n Regte daddy’s girl. My pa was altyd ’n man na wie ek opgekyk het. ’n Streng, maar regverdige, liefdevolle, grapperige man. Hy was altyd bereid om te help en te gee aan almal wat iets nodig het.

My ma het soms vir hom vies geraak as hy alles so weggee. Ek het gesê hy sal seker homself kaalbas uittrek en alles weggee. In my oë is dit ’n man so na aan God se hart.

In Psalm 23:1 staan daar: “Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.” As ons die Here in ons lewe het, het ons alles. Ons aardse lewe en besittings is net tydelik. Dit is die lewe saam met die Almagtige waarop ons moet fokus wat vir altyd gaan duur.

Is dit maklik? Definitief nie! Dit is ’n lang proses van wroeg saam met die Here en elke dag ’n bietjie meer oorgee. Dit is soms baie min slaap en baie Bybelstudie doen. Soms moet ons baie mediteer op verse wat uitstaan en ’n mens se hart aanraak en baie bid. Jy moet stil raak en luister na dit wat die Vader deur die Heilige Gees op jou hart druk.

Jy hoef nie alles self te doen nie 

Wanneer iets slegs gebeur, voel ons alleen en of die wêreld net gewoonweg aangaan en verby ons flits. Ons wens die wêreld kan net stop en wag tot ons beter voel.

Saam met die Here kan ons stil raak, want Hy is die Een wat ons beter verstaan as wat enigiemand op aarde ooit sal. Hy weet presies wat ons nodig het. Ons moet besef dat elkeen met wie ons in aanraking kom, ’n stryd het om te stry. Hetsy dit dieselfde tipe stryd is of iets heeltemal anders.

Al wat ons te doen staan wanneer dinge te veel raak, is om stil te raak en aan die Here oor te gee. Ons moet glo Hy is in beheer en Hy bly ’n liefdevolle Vader. Ons moet besef dat Hy ’n groter plan vir ons het en dat ons te nietig is om dit soms te verstaan. Jy hoef nie alles alleen te doen nie.

Wanneer iemand vir wie jy baie lief is, skielik siek word en só vinnig agteruit gaan dat jy nie kan byhou nie, besef jy jy hoef nie en kan nie altyd alles self doen nie.

Onthou dat die Here jou uniek gemaak het. Nie om die hele wêreld vas te hou nie, maar om met alles van jou aan Hom vas te hou.

Vyf maande nadat my pa gediagnoseer is, het hy verhuis na sy hemelse tuiste toe. Ons is baie hartseer en die verlange is elke dag met ons. Maar met vrede in my hart weet ek my pa is nou gesond en op die beste plek waar enigeen kan droom om te wees.

Die dominee het hom in die laaste tyd besoek en gevra wat is sy troos. Hy het geantwoord: “Doom, ek behoort nie aan myself nie”. Besef vandag dat jy nie aan jouself behoort nie en nie alles self hoef te doen nie. Psalm 55:22: “Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regverdige nie in die steek laat nie.”

Rus in vrede, my liefste pappa. Tot ons mekaar weer sien daar waar alles perfek is.

Deel die artikel

Méér artikels

As jong meisie het sangeres en TV–aanbieder ROUCHELLE LIEDEMANN se swak selfbeeld haar lank gekeer om haar drome uit te leef. Vandag leef sy in ...

SOEKIE KROG van Radikids-faam het al haar kwota swak besluite geneem, maar dit het haar die vermoë gegee om vandag beter keuses te kan maak. ...

Scroll to Top