Geroosterde portobellosampioene met biltong is ’n heerlike bederf! Ontdek hierdie maklike en smaaklike resep wat perfek is as ’n peuselhappie of bykos. 

5 min. + gaarmaak 20 min.
4 mense

BESTANDDELE

4 ekstra groot portobellosampioene  

20 ml olyfolie  

2 g droë pietersielie  

150 g ekstra maer biltong  

120 g songedroogde tamaties, verkieslik in olyfolie ingelê, gedreineer  

2 g growwe swartpeper  

1 klein rooi-ui, fyngekap  

Vir die krummels 

1 e amandelmeel, opgehoop  

½ t vars knoffel  

1 t sesamsaad, opgehoop  

knippie woestynsout of pienk sout  

Vir die sous  

1 eetlepel rou heuning  

1 eetlepel sojasous  

varsgekapte pietersielie vir garnering 

METODE

  1. Stel die oond op 200 °C.  
  1. Berei bakplaat voor met kleefsproei.  
  1. Plaas sampioene op die bakplaat, besprinkel met omtrent 1 teelepel olyfolie elk en plaas die biltong en songedroogde tamatie bo-op.  
  1. Meng die krummels en strooi bo-oor elke sampioen.  
  1. Garneer met rooi-ui, pietersielie en swartpeper.  
  1. Bak vir 15 minute.  
  1. Meng intussen die sous.  
  1. Haal uit die oond uit, en gooi die sous bo-oor elke sampioen.  
  1. Plaas terug in die oond en bak vir nog 5 minute.  
  1. Haal die geroosterde portobellosampioene met biltong uit die oond en garneer met pietersielie.