Nuwe jy-finalis 2023
Madelene van Heerden, 38, besigheidsvrou, het 16.2 kg met die Nuwe jy-program deur middel van Slender Wonder verloor …
Ek het sommer vooraf geweet: Hiérdie gaan een van die grootste toetse wees. Sukses gaan afhang van hoe graag ek my doelwit wil bereik.
Dit was aan die begin van die skoolvakansie toe ons hele familie saam vir ’n naweek weggegaan het na ’n lodge toe. Almal het die heeltyd geëet en gekuier en ek moes kophou en mooi dink wat ek in my mond gaan sit en wat nie.
Was ek bereid om al die harde werk tot niet te laat gaan vir ’n stukkie kortstondige plesier? Want dit vat jou liggaam drie dae om weer op koers te kom.
Soms was dit moeilik. Die pizza, tjoppies en braai-ontbyte het vreeslik lekker gelyk, maar ek is dankbaar dat ek kon kophou en op die einddoel konsentreer. Die resultate het alles die moeite werd gemaak.
Hierdie reis is lewensveranderend. Ek sukkel nog om te registreer dat dit werklik die nuwe ek is – van ’n nommer 16 gekrimp na ’n 12 toe!
Met elke kilo wat ek verloor, kry my selfvertroue ’n hupstoot. Ek voel weer lief vir myself, gemaklik in my lyf en wil dinge dóén.
Ek sweef op ’n wolk van geluk!
Die Nuwe jy-program word geborg deur SLENDER WONDER – ‘n mediese gewigsverliesprogram
Vir meer inligting oor Nuwe jy se jaarlikse 60 dae-uitdaging (Februarie en Maart), kliek op
nuwejy.co.za/60-dae-uitdaging.