Rhona Erasmus [Oudio+Video]

Goeie tydsbestuur sit ure by jou dag 

Wanneer laas het jy ’n bietjie ’n oudit van jou tyd gedoen? Presies gaan kyk waaraan jy hierdie kosbare kommoditeit bestee?  

Jy sal verbaas wees om te sien hoeveel tyd jy afstaan aan dinge wat nie werklik van belang is nie.  

Beplanning is die sleutel tot sukses wanneer dit by doeltreffende tydsbestuur kom. Pak byvoorbeeld jou kinders se kosblikke en sit hulle skoolklere reg voordat jy gaan slaap.

Dan is dit nie ’n gejaag die volgende oggend nie.  

Haal sommer ook jou oefenklere die aand voor die tyd al uit. Wanneer jou wekker vroegoggend lui, kan jy dan net opstaan en aantrek. Doen aanlyn inkopies. Dit is deesdae baie gerieflik en effektief.  

Staan ’n uur vroeër op in die oggend. As jy nie ’n oggend-mens is nie, gaan slaap ’n uur later en spandeer daardie “ekstra” tyd aan jouself. Lees Bybel, mediteer, oefen – wat ook al jy nodig het. Wanneer ons ’n sinvolle oggend- en aandroetine het, sal ons baie meer doeltreffend deur die dag kan wees. 

Jy moet weet waartoe jy in staat is en hoeveel jy ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ons moet ons drome met ons dade ondersteun. Solank ons nie onsself op die realiteit van geleenthede voorberei nie, sal sukses ons bly ontwyk. Jou ...

Soveel vroue jaag steeds die idee van perfek-wees na, hetsy in mamma-wees, vrou-wees of sakevrou-wees. Die meeste werkende mammas is dit eens dat hierdie strewe ...

Scroll to Top