Rhona Erasmus [Oudio+Video]

Bly produktief, al voel jy nie positief nie

Dit is nie altyd moontlik om jou persoonlike lewe heeltemal van jou professionele lewe te skei nie. Daarom is dit belangrik om positiwiteit te kweek vir die tye wat ons nie so produktief voel nie.

Een van die grootste foute wat ons kan maak, is om voor te gee dat ons persoonlike lewe en dit wat ons vóél, nie ons professionele lewe en besluite beïnvloed nie. Dit is daarom vir ons loopbane en ons lewe buite die werk ongelooflik belangrik om seker te maak dat ons ’n positiewe ingesteldheid kweek.

’n Ingesteldheid van positiwiteit beteken nie dat ons te alle tye alles as “positief” hoef te sien of ervaar nie. En dit beteken allermins nie dat ons ons emosies ontken nie.

Dit beteken wel dat ons bewus moet raak van ons ingesteldheid en die redes waarom ons by tye minder positief oor situasies by die werk en by die huis voel.

Die sleutel is om maniere te vind om steeds produktief te kan wees al voel ons soms nie positief nie. Vir die meeste van ons is dit moeilik om ’n positiewe ingesteldheid te hê wanneer ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!