Dit is nie altyd moontlik om jou persoonlike lewe heeltemal van jou professionele lewe te skei nie. Daarom is dit belangrik om positiwiteit te kweek vir die tye wat ons nie so produktief voel nie.
Een van die grootste foute wat ons kan maak, is om voor te gee dat ons persoonlike lewe en dit wat ons vóél, nie ons professionele lewe en besluite beïnvloed nie. Dit is daarom vir ons loopbane en ons lewe buite die werk ongelooflik belangrik om seker te maak dat ons ’n positiewe ingesteldheid kweek.
’n Ingesteldheid van positiwiteit beteken nie dat ons te alle tye alles as “positief” hoef te sien of ervaar nie. En dit beteken allermins nie dat ons ons emosies ontken nie.
Dit beteken wel dat ons bewus moet raak van ons ingesteldheid en die redes waarom ons by tye minder positief oor situasies by die werk en by die huis voel.
Die sleutel is om maniere te vind om steeds produktief te kan wees al voel ons soms nie positief nie. Vir die meeste van ons is dit moeilik om ’n positiewe ingesteldheid te hê wanneer dinge buite beheer voel. Dit is daarom juis nodig om baie doelbewus te raak oor ons tydsbestuur, beplanning, emosies en grense.
’n Positiewe ingesteldheid help ons om op ’n daaglikse basis positiewe waardes op ’n sinvolle wyse toe te pas wat sal lei tot ’n ander uitkyk en hantering van selfs negatiewe omstandighede.
Opsoek na meer inhoud van Rhona Erasmus?
Luister Rhona se Werkende Wondervrou-podsending
Soortgelyke Inhoud:
Hoe bly jy positief in ’n negatiewe wêreld?