Herbeplan jou leefwyse en fokus op wat belangrik is

Herbeplan jou leefwyse en fokus op wat belangrik is 

Moenie verskonings soek waarom jy nie tyd het vir hulle en dit wat saak maak nie – soek en maak tyd vir beleggings wat baie meer werd is as geld! 

Begin vandag om jou lewe nuut te beplan 

Om besig te wees, is vandag redelik normaal. Die meeste van ons verkies ook om besig te bly, want anders ontstaan daardie “weggooi”-gevoel baie vinnig – die gevoel van ek is oorbodig en nie meer goed genoeg nie … die samelewing kan sonder my klaarkom.

Die probleem is dat ...

Moenie verskonings soek waarom jy nie tyd het vir hulle en dit wat saak maak nie – soek en maak tyd vir beleggings wat baie meer werd is as geld! 

Begin vandag om jou lewe nuut te beplan 

Om besig te wees, is vandag redelik normaal. Die meeste van ons verkies ook om besig te bly, want anders ontstaan daardie “weggooi”-gevoel baie vinnig – die gevoel van ek is oorbodig en nie meer goed genoeg nie … die samelewing kan sonder my klaarkom.

Die probleem is dat dit baie vinnig daartoe kan lei dat jy net meer en meer wil doen. Die uitsondering op die reël word die norm en die norm word vinnig ’n leefwyse wat jou insluk. Sonder dat jy dit besef, is jy deel van ’n wêreld wat geregverdig word deur die resep vir sukses, voorspoed en geluk daaraan te koppel. Dit kan egter ook vinnig ’n baie eensame wêreld word … ’n wêreld waarin jy jouself en dié wat vir jou omgee, soms onbewustelik kan verloor.

Die belangrike vraag wat elkeen moet beantwoord, is of dit regtig nodig is om altyd besig te wees. Is om besig te wees nie later net ’n gerieflike verskoning nie? Word dit nie soms verkeerdelik met sukses verwar nie?

Ek was en is bevoorreg om gereeld met baie suksesvolle mense op alle terreine van die samelewing te gesels. Die een ding wat ek feitlik sonder uitsondering hoor, is dat almal graag hul lewe sou wou herbeplan. Van die mees suksesvolle sakemanne sal nie skroom om ’n deel van hulle sakeryk te gee in ruil vir verlore tyd saam met geliefdes nie.

Baie het kosbare tyd tydens hulle kinders se grootwordjare op sakereise en op kantoor deurgebring. Hulle regverdig dit dan deur dit toe te skryf aan noodsaaklike werk om die toekoms van hul kinders te verseker.

Met die regte beplanning kan jy jou leefstyl verander 

Vandag besef baie suksesvolle mense dat ’n halfuur se speel op die gras of om ’n tydjie af te knyp om aandag aan ’n probleem van ’n onseker tiener te gee, nie veel verskil aan die bank-balans sou maak nie. Dit kon egter ’n verskil in die lewe van ’n geliefde maak.

Ons beplan so graag ons werksdag haarfyn om seker te maak dat elke sekonde benut word. Dikwels is daar ’n persoonlike assistent wat moet verseker dat kosbare tyd nie dalk iewers verlore gaan nie.

Het jy al probeer om ’n sekonde van hierdie kosbare tyd te neem en te besin oor of dit werklik nodig is om so besig te wees? Is noodsaaklike tyd saam met geliefdes en vriende nie veronderstel om deel van hierdie beplanning te vorm nie? Het jy al daaraan gedink dat jou lewensvat gaan leeg word as die kraantjie aan die onderkant bly loop en niemand iets aan die bokant ingooi nie?

Daardie vat word gevul met die liefde en omgee van geliefdes en kollegas, maar dit kan net gebeur as jy tyd maak vir hulle om dit te doen.

Die uitdaging is om vandag balans in jou lewe te kry. Regverdig tyd wat kosbare herinneringe vir jou, maar ook vir die persone naby aan jou gaan verseker, in plaas daarvan om redes te soek waarom jy altyd besig moet wees! Maak daardie belegging vandag en geniet die rente vir die res van jou lewe!

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top