Hoe bly jy positief in ‘n negatiewe wêreld - TERSIA GOUWS

Hoe bly jy positief in ’n negatiewe wêreld?

Jy vind dit langs elke vleisbraaivuur of by kinderpartytjies – negatiewe brokkies nuus. Die ekonomie is in sy peetjie en werkloosheid en korrupsie gedy. Kan jy positief in so ’n negatiewe wêreld bly?

Ons vra liefdadigheidswerker TERSIA GOUWS

Dit gaan so sleg met ons land. Ons hoor: Almal is bang, niemand voel veilig nie.

Nêrens praat iemand oor iets positiefs wat hulle die week gedoen het nie. As jy iets goeds vir iemand anders doen, moet jy eerder daaroor stilbly. Om te spog, is mos sonde.

Nêrens vertel iemand oor iets goeds wat ander vir hulle gedoen het nie. Ons mense is te trots. Niemand praat oor daardie iets ongelooflik goeds wat God vir hulle gedoen het nie.

Negatiwiteit maak dit onmoontlik om te groei

Almal roep na God in moeilike tye. Tog kan ek nie verstaan nie. Niemand noem God binne hulle stringe bekommernisse langs die vleisbraaivuur nie.

Wie is ek om te stry? Baie van die mense is tog reg oor die werklikheid, die uitdagings waarvoor ons in die land te staan kom. ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Is jy vinnig om jouself met ander te vergelyk en dan voel jy nie goed genoeg nie? Omarm eerder hoe spesiaal die Here jou geskape ...

Almal smag na minder konflik en meer vrede. Dit lyk of mense nie eens in geloofsgroepe met mekaar kan klaarkom nie. Die opdrag staan: Wees ...

Scroll to Top